
Hierdie stoet is reeds sedert 1989 in die bedryf.
Daar is begin met die ras op 10 hektaar en veral omdat ons melk nodig gehad het vir
eie gebruik en omdat die Dexter nie selektief en baie vreet nie.
Die eerste skou waarin meegeding was, was in 1989 met 1 bees naamlik Adel, wat ook ‘n 1ste plek verower het. Nou in 2008 is dit die 20ste jaar wat Doranco Dexters ononderbroke op Bloemfontein skou.
Die stoet het gegroei tot ±85 diere en is 1 van die min stoeterye wat tot datum 30 diere vir die “Bulldog” geen laat toets het en nog geen positiewe diere gehad het nie.
Doranco kan ook spog met baie goeie groei syfers veral as gelet word op ons gemiddelde daaglikse groei van ons kalwers wat wissel tussen 831 - 944 gram per dag.






bravenet.com